Merwe; Lubbe

Kontraktereg; algemene beginsels

Juta Legal and Academic Publishers
€ 39,80

Leverbaar

Kontraktereg: Algemene Beginsels volg ’n analitiese benadering tot die begrippe, beginsels en reëls wat op kontrakte betrekking het, terwyl dit terselfdertyd kontrakte en die reg wat op kontrakte van toepassing is in ’n wyer regswetenskaplike en sosiale konteks plaas. Die skrywers van Kontraktereg: Algemene Beginsels is hoogs aangeskrewe akademici en praktisyns, wat ’n skat van kennis en ondervinding tot dié projek toevoeg. Dit het ’n werk tot gevolg wat ’n grondige uiteensetting en analise van die teoretiese grondslag en struktuur van die Suid-Afrikaanse kontraktereg kombineer met ’n bespreking van die toepassing van dié beginsels deur die howe. Waar die positiewe reg ten opsigte van ’n bepaalde punt nog nie vasgestel is nie, word uiteenlopende menings deur die skrywers oorweeg en doen hulle moontlike oplossings aan die hand, terwyl hulle van regspraak en akademiese literatuur van Suid-Afrika en, waar toepaslik, van ander regstelsels gebruik maak. Hierdie derde uitgawe neem kennis van ontwikkelings in die reg, veral met betrekking tot die invloed van Grondwetlike regspraak en nuwe wetgewing oor kontrakte. Die basiese benadering van die werk word behou, maar hierdie uitgawe sluit ook, sover moontlik, voorstelle in wat in resensies van vorige uitgawes aan die hand gedoen is.

Paperback | 662 pagina's | Nederlands
3e druk | Verschenen in 2008
Rubriek:

  • NUR: Privaatrecht
  • ISBN-13: 9780702174032 | ISBN-10: 0702174033